Beker geluk PLUS vier wenne na mekaar!

Die Freedombeker is ʼn ietwat nuwe konsep vir die meeste rugbyondersteuners, want dit is 15 jaar sedert die Springbokke dit laas in 2009 gewen het. Maar dit tel!

Vra maar vir Bokkaptein Siya Kolisi, wat dit as die grootste ‘rugbyprys’ naas die Wêreldbeker beskou.

Einste Kolisi was Saterdag, in die Bokke se vierde agtereenvolgende oorwinning oor die All Blacks wat laas in 1949 vermag is, een van die uitstaande spelers op die veld. Die heelparty Suid-Afrikaners wat hom steeds nie hoog aanslaan nie en hom as ʼn politieke keuse beskou,  besef nie watter goeie leier en speler ons in dié man het nie!

Wat meer is, Kolisi het met ʼn kwaai gebreekte neus uit die eerste toets gespeel.

In 1949 (dis 75 jaar gelede!) het die Springbok al vier toetse in die reeks teen die besoekende All Blacks gewen, wat die agtereenvolgende oorwinnings op ses te staan gebring het ná die twee seges in die vorige reeks, in 1937 in Nieu-Seeland.

Wat indrukwekkend was, en ʼn aanduiding van hoe die All Blacks tans ietwat sukkel, is dat hulle in hul vierde agtereenvolgende toets nie ʼn enkele punt in die laaste 20 minute kon aanteken nie. Hulle het vanjaar onder die nuwe afrigter Scott Robertson reeds drie van hul sewe toetse verloor – een teen Argentinië, twee teen die Springbokke.

“Jy speel teen die wêreld se nommer een-span, hulle is desperaat om te wen, jy speel weg van die huis af en ons hét twee kanse (strafskoppe) gehad om te wen wat ons nie gebruik het nie. Ons het dit nie benut nie en dit is toetsrugby.

“Maar dit ís daar, dis die groot saak, dis daar vir ons. Ons moet ons kanse nou net benut.”

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae