Curriebekereindstryd kry voorkeur bo VRK-afskop

deur Wim van der Berg

ʼn Versoek van SA Rugby dat die eerste wedstryde van die vier Suid-Afrikaanse franchise’e in die 2024/25-reeks van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) na ʼn later datum verskuif moet word, is deur die VKR goedgekeur.

Die twee kragmetings op 21 September tussen die Sharks en Lions in Durban en die Stormers en die Bulls in Kaapstad sal na ʼn latere datum verskuif.

Benewens die eerste wedstryd teen die Poemas in die Rugbykampioenskap, wat ook op dié datum in Argentinië gespeel word maar geen invloed op die VRK-wedstryde sou hê nie,  is Saterdag 21 September ook die datum wat vir die eindstryd van die Curriebeker opsygesit is.

Dit is uiteraard moontlik dat van die finaliste van die spanne in die eindstryd van hul franchise’e se VKR-afrigters toestemming sal verkry om in die Curriebekereindstryd te speel.

Die verskuiwing van die twee VRK-wedstryde sal nou voorkom dat aanpassings aan die wedstrydskedules gemaak moet word om grootskaalse aanpassings in die aanbieding van die wedstryde in die twee kompetisies moontlik te maak.

Die VRK het die volgende vrygestel: “Die Vodacom Verenigde Rugbykampioenskap werk saam met SA Rugby, die tuispanne en ook die uitsaaier Supersport om die betrokke bepalings te herskeduleer sodat kaartjiehiuers en ondersteuners so gou moontlik die nuuutste verwikkelings kan kry.”

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae