Die eerste toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland Saterdag in vanjaar se Rubykampioenskap op Ellispark gaan ʼn yslike toets wees – vir die afrigters, die spelers en die rugbyondersteuners in meer as net die twee betrokke lande.
Die twee afrigters, albei manne wat albei hul taktiek buite die gewone denkrigtings gaan haal, ken mekaar al van die jare wat hulle in Sanzaar se ou Superrugbyreeks teen mekaar gespeel het. Hulle het, soos dit hoort, as spelers redelik gereeld ná wedstryde gesit en ʼn bier of twee saam gedrink en gesels nadat hulle mekaar op die veld verniel het.
Rassie Erasmus en Razor (eintlik Scott) Robertson is albei onortodoks in hule spankeuses, voorbereiding en beplanning.
En dit sal darem nie lekker wees nie as Razor, wat Ellispark ken, die vierde uit ses oorwinnings vir die All Blacks in afgelope 20 jaar op Ellispark kan aftrek.
Die uitslae dusver in dié tydperk was drie oorwinnings vir die All Blacks in 2013, 2015 en 2022 met slegs twee neerlae (2004 en 2014).
Oud-kaptein Sam Cane is terug in die Nieu-Seelanders se uitsoekspan; hul nuwe kaptein Scott Barrett se beseerde vinger het herstel en op loskop behou Tamaiti Williams sy plek weens die onbeskikbaarheid van Ethan de Groot wat weens ʼn nekbesering in Nieu-Seeland agtergebly het.
Die All Blacks se span –
15. Beauden Barrett 14. Will Jordan 13. Rieko Ioane 12. Jordie Barrett 11. Caleb Clarke 10. Damian McKenzie 9. TJ Perenara 8. Ardie Savea 7. Sam Cane 6. Ethan Blackadder 5. Tupou Vaa’i 4. Scott Barrett (kapt.) 3. Tyrel Lomax 2. Codie Taylor 1. Tamaiti Williams. Plaasvervangers: 16. Asafo Aumua 17. Ofa Tu’ungafasi 18. Fletcher Newell 19. Sam Darry 20. Samipeni Finau 21. Cortez Ratima 22. Anton Lienert-Brown 23. Mark Tele’a