Die Blou Bulle, nadat dit in die laat 1990s die amptelike naam van die ou Noord-Transvaal geword het, het eenvoudig die tradisie van die ou Ligbloues se taai Carltonliga voortgesit en het sonder spanne soos Weermag, Polisie, Gevangenisdiens, Oostelikes, Adelaar, Pretoria en Harlequins (plus talle ander spanne in nog veel vroeër dae) steeds ʼn skrikwekkend-goeie Carltonliga.
Saam met die sterk Super A-liga in die Westelike Provinsie en KwaZulu-Natal se Moorbeker is die Carltonbeker moontlik die sterkste klubliga in die land, hoewel ʼn mens nie die Piratesliga by die Goue Leeus moet versmaai nie.
In elk geval, soos sake met die skrywe hiervan staan, is daar splinternuwe aanspraakmakers om vanjaar se Carltonbeker te wen. Hierdie artikel is inêe die geleentheid om die ontwikkeling van klubrugby, mans sowel as vroue en ook alle junior vlakke, by die Bulle te bespreek nie.
Dít is iets ysliks, en ʼn (taamlike lang!!) artikel is nodig om behoorlik erkenning te gee aan wat die Blou Bulle en die Bulls se direksie die afgelope twee, drie jaar vermag het.
■ Maar hierdie is die storie oor die 2024 Carltonbeker-toernooi waar die komende naweek dalk bepalend kan wees oor watter vierde span die halfeindstryd oor twee weke kan haal nadat Northam Rhinos, Naka Bulle en die Grizzlies hulle halfeind-plekke reeds bepreek het..
Tuks het naamlik die afgelope naweek sy amperse buurklub Harlequins met 73-12 verinneweer en sy kanse gestand gedoen om nog die halfeind te haal, met die ander drie spanne wat al bepaal is.
Harlequins is in die derde plek op die punteleer en sal daar bly wat ookal die uitslag van die naweek se wedstryd.
■ Wel, die Northam Rhinos gaan bo-aan die punteleer eindig. Ná die Bosvelders se oorwinning oor die Grizzlies die afgelope naweek, kan niemand hulle meer op die punteleer inhaal nie.
Terug na feit nommer twee. Dit is dat Naka Bulle tweede ʼn die Rhinos eerste sal eindig. Al het hulle die afgelope naweek ’n loslootjie gehad, sal Naka steeds tweede op die punteleer eindig
Dan is daar ʼn verdere feit. Ondanks hul neerlaag teen Tuks, is Quins van die derde plek en ʼn halfeind verseker.
Dus:
- Die Rhinos (eerste), Naka Bulle (tweede) en die Grizzlies, is verseker van hul halfeind-plekke. Nou moet Tuks oor oor die volgende twee naweke nog genoeg doen om die halfeind te haal.
- Tweede op die punteleer, speel teen derde, wat beteken dat Naka Bulle teen Harlequins in die eerste halfeindstryd van 17 Augustus sal speel, soos dit nou lyk.
Maar die vierde span is Tuks óf Harlequins, wat oor die volgende twee naweke bepaal sal word – en dit lyk Tuks, behalwe as Quins vir Naka Bulle (3 Augustus) en die Northam Wolwe (10 Augustus) klop, ten minste een daarvan met ’n bonuspunt.