Curriebeker sal weer gehalte, nuwe sterre lewer

deur Wim van der Berg

AFGEWATER? Watwou!

Die Curriebekerreeks, wat Vrydagmiddag afskop wanneer Griekwas tuis teen hul buurspan, die Cheetahs speel, sal vanjaar ongetwyfeld weer gehalte-spel en ook nuwe sterre oplewer in die maandelange reeks om die wêreld se oudste trofee.

Die idee van ʼn trofee is dat die beste of voorste deelnemer dit moet wen. Teen wie en hoe, is nie belangrik nie: ʼn wen is ʼn wen.

En die Pumas sal jou vertel hulle is die land se huidige Curriebekerkampioen. En dit is Suid-Afrika se oudste en vernaamste beter, ondanks al die lof en geld wat met ander trofee saamgaan.

Vir die (gewoonlik windtie) lekkerbekke wat glo dis tweederangse, kan ʼn mens maar net sê: As jou seun se derde span teen wie ookal wen, is dit vir hom ʼn prestasie.

En só is die Curriebeker. Wie hom wen, is trots en kan na ʼn trotse geskiedenis terugkyk.

Die Vrystaatse span wat Woensdag bekendgemaak is, kon agt spelers  nie vir die afskrop van die Curriebekerreeks oorweeg nie. Hulle is beseer.

Maar dis vir die Vrystaters belangrik om met hul bestes weg te spring en hul vere reg te skud vir die uitspeelreeks van die Europese Uitdaagreeks, waar hulle gekwalifiseer het en op 1 April in die halfeind in Frankryk teen Toulon om ʼn plek in die eindstryd speel.

Daar word reeds sedert 1892 om die trofee gespeel. Aanvanklik, in die 1890s toe die sogenaamde nasionale span  wat teen Brittanje moes speel nog deur die tuisspan se kaptein gekies is,  is die kompetisies besleg deur net vier, somtyds vyf, spanne by ʼn sentrale toernooi waar spanne drie wedstryde in drie of vier dae moes speel.

Deur die jare was daar verskeie vorme in die kompetisie, maar dit was steeds belangrik.

En vir dié wat dink dis nou afgewater, verwys ek net na 2011. Toe het die Bokbelaaide Sharks teen die bloedjonges van die Leeus op Ellispark vasgeval. het.

Griekwas het die Curriebeker natuurlik al drie keer gewen. Die laaste keer was in 1970, toe hulle Noord-Transvaal met sy talle Springbokke in Kimberley geskok het.

Die Vrystaat, wat die gunsteling behoort te wees, sal dit nooit sê nie. Dáárvoor het die manne van hul amperse buurdorp hulle al te veel keer verras. Ons moenie vergeet dat Griekwas nog hartseer is oor die laaste minuut-neerlaag in verlede jaar in se Curriebeker -eindstryd teen die Pumas nie.

Hulle sal hulle 2023-aanslag met ʼn oorwinning wil begin.

In elk geval, dis ʼn naweek met ʼn vol program van vier wedstryde.

Die Griffons, wat na hul uitspeelwedstryd teen die Oostelike Provinsie na die uitsoekkompetisie gepromoveer is, kom in Durban teen die Sharks te staan. Die Westelike provinsie, met sy baie diepte, behoort in Johannesburg te sterk vir die Lions te wees, terwyl ʼn mens ʼn Sondag ʼn taai stryd tussen die Bulls en de Pumas kan verwag.

Die laaste wedstryd in die reeks wat oor 14 rondes gespeel word, vind op 10 JUnie plaas voordat die uitspeelrondes gespeel word.

Die naweek se wedstryde met afskoptye –
Vrydag     16:00 – Griekwas teen Cheetahs
Saterdag 13:30 – Sharks teen Griffons
15:30 – Lions teen Westelike Provinsie
Sondag    13:00 – Bulls teen Pumas

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae