Eddie: Sterker franchise’e moet Wallabies versterk

deur Wim van der Berg

VIR heelwat lesers mag dit dalk ʼn verrassing wees om te hoor dat Eddie Jones, wat na sewe jaar deur Engeland in die pad gesteek is, nou weer vir Australië afrig. En soos altyd is die eienaardige man met sy (soms) lekker humorsin, uitsproke oor die Wallabies se moontlikhede.

Aan die vyf Australiese franchise’e het hy dit duidelik gestel dat hulle moet verbeter om die Wallabies in staat te stel om ʼn wêreldkrag te word. Hulle is tans sewende op Wêreldrugby se rangorde

En wie weet, of dit sy boodskap was, of omdat die Nieu-Seelandse spanne verswak het, is dit so dat die Australiese spanne in die afgelope naweek beter gevaar het teen hulle Nieu-Seelandse teenstanders as in die verlede.

Die Rebels het Saterdag amper-amper teen Hurricanes gewen en Sondag het die Brumbies die Blues geklop.

Vir Eddie Jones was dit nie genoeg nie. Hy wil nie hê die Aussies se spanne moet bloot mededingend wees of net-net verloor nie. “Hulle moet wen.”

  • Die gevestigde toetsspelers het in die meeste gevalle weer gewys hulle is die beste wat daar is, maar daar het ʼn paar jonges ook hand opgesteek. gewys

“Ons moet net die regte ‘mengsel’ vind,” het Jones gesê. ”Die talent is daar.”

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae