Wêreldrugby erken loting-fout, maar …

deur Wim van der Berg

Hoekom moes Wêreldrugby op perskritiek staatmaak om te besef die skeefgetrekte loting vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk is “onregverdig”?

Ja, ondermeer het Nic Mallett en Maroelamedia kritiek gehad daarteen dat die vyf voorste lande, Ierland, Frankryk, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Skotland sodanig geloot is dat net twee van hulle die halfeindronde kan haal.

Die loting is gedoen op grond van spanne se gradering net na die Wêreldbekertoernooi in Japan in 2019.

Wêreldrugby het nou bekendgemaak dat die loting voortaan nader aan die toernooidatum sal plaasvind, maar het ‘ter versagting’ gesê dat die loting ondermeer gedoen is weens ‘ander belangrike redes’ wat glo op die veld en ook van die veld af in die toernooi in Frankryk van belang sal wees.

Daar is ook die boodskap dat ‘daar nog nooi soveel beweging (in die rangorde} soos oor die afgelope twee jaar was nie.

En daar is ook ʼn ‘waarskuwing’: Bostaande in ag genome, en die huidige indeling van vier groepe met vyf spanne elk, maak ‘dat daar moontlik geen heeltemal regte tyd vir die loting sal wees nie.’

Verwag dus in 2027 moontlik baie van wat ons nou kritiseer – of dalk minder spanne wat sal deelneem.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae