DHL-stadion nou amptelik WP se tuisveld

deur Tobie du Preez

“ONS spanne en ons toeskouers het oor die laaste twee jaar reeds heelparty baie groot oomblikke in die stadion gehad.”

Só het die afrigter van die Stormers, John Dobson gereageer nadat die ooreenkoms bevestig is dat die Westelike Provinsie en die Stormers die volgende 99 jaar hul rugby op hul nou ‘amptelike’ tuisveld die DHL-stadion (dis die Kaapstadstadion) sal kan speel.

Dobson sê die spelers geniet die stadion en sy atmosfeer en hulle is verheug oor die ooreenkoms.

Dit volg nadat WP Rugby, die finansiële arm van die WPRU, die ooreenkoms as ankerhuurder met Kaapstad en die stadion aangegaan het waarvolgens sokker en konserte wat dan tweede viool sal moet speel.

Die aanvanklike ooreenkoms is vir ʼn tydperk van 39 jaar, wat twee keer tot 99 jaar hernu kan word.

Dobson sê die spelers geniet die stadion en sy atmosfeer en hulle is verheug dat die ooreenkoms voortaan sal beteken dat hul wedstryde nie na ander stadia, soos verlede jaar in Gqeberha en Stellenbosch, verskuif sal moet word nie.

Die oppervlak van die veld het tot dusver probleme verskaf met die gly van spelers en die kort wortels wat skrumwerk bemoeilik het met skrums wat sooie losgemaak het. Dit sal egter teen Oktober iets van die verlede wees met die veld wat vanaf Julie af herlê sal word en glo 50% gras en 50% sintetiese gras sal bevat.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae