Wêreldbeker se ‘loting’ moet later gedoen word

 deur Wim van der Berg

DELE van hierdie die store is verlede week in Maroelemedia gepubliseer, maar ek herhaal dit nietemin in gewysigde vorm omdat dit eintlik (met die oog op die toekoms) van belang is.

Dit is natuurlik eintlik kritiek, en inderwaarheid ‘raad’ vir die toekoms aan Wêreldrugby, want in hierdie gevalle wat ek hieronder bespreek geld die speekwoord ‘gedane sake het geen keer nie’ werklik.

Die realiteit is dat die loting eintlik maar ʼn Wêreldrugby-indeling feitlik drie jaar voor die Wêreldrugby-toernooi gedoen is.

In dié tyd het die spanne se posisie op Wêreldrugby se ranglys waarvolgens die indeling gedoen is, aansienlik verander.

Dit gaan nie hier net om die feit dat Suid-Afrika in sy Groep B met Ierland (1) en Skotland (5) te doen gaan kry nie. Die Iere is tans die wêreld se beste span, Suid-Afrika is vierde op die ranglys en Skotland vyfde. Die ander twee spanne in die Springbokke se groep is Tonga (15) en Roemenië (20).

Ook Frankryk en die All Blacks in Groep A gaan meer sukkel as die voorste spanne (volgens huidige gradering) in Groepe C en D.

Vergelyk Suid-Afrika se Groep B met:
Groep A se twee groot kanonne is die All Blacks (3), Frankryk (2), plus en Italië (13), Uruguay (18) en Namibië (21).
Groep C: Wallis (9), Australië (7), Fidji (14), Georgië (12) en Portugal (16).
Groep D is Engeland (6), Japan (10), Argentinië (8), Samoa (11) en Chili (22).

Dit is duidelik dat die Springbokke, Ierland, die All Blacks en Frankryk se kanse om vas te val veel groter is as dié van die voorste spanne in Groepe C en D, hoewel die Poemas Engeland kan vasvat.

Dit is natuurlik so dat ʼn span liefs al die wedstryde in sy groep moet wen, hoewel die Bokke dit in 2019 reggekry het na n neerlaag teen die All Blacks in die groepsfase.

Maar wen jy alles, is dit mos net makliker en kom jy teen ʼn swakker span in die uitspeelwedstyde te staan. En ja, dit is so dat ʼn mens teen die bestes moet kan wen om bo uit te kom.

Maar hoekom is daardie groepswedstryde reeds vir die All Blacks en Springbokke groter uitdagings as vir die Noordelike Halfrond se spanne?

 

 

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae