Ons hardlooprugby is mos niks nuuts nie!

Ek lees die naweek hoe daar (veral in Brittanje) die siening is dat Suid-Afrikaanse rugby deur die jare, sedert 1906, gekenmerk is deur sterk voorspelerspel terwyl die agterlynspel  afgeskeep is.

Nou kan ‘n mens, sonder veel dinkwerk, uit die vuis uit Bok-agterlyne noem wat die teenstanders deurmekaar gespeel het.

Hoe druk ʼn vleuel drie drieë in ʼn wedstryd, soos Karel (bekend as ‘Tom’ in sy Rugby League-dae) van Vollenhoven ʼn driekuns teen die 1955 Britse en Ierse Leeus sonder dat daar wyd gespeel is? En wat van Ray Mordt se driekuns in die beslissende meelbom-toets in 1981? En Jaco Reinach se vaart langs die kantlyn af in die 1986-reeks teen die Kavaliers?

En moenie die 2019 Wêreldbeker lig kyk met ons twee vleueldrieë nie.

En so kan mens aangaan …

Jy moet ook nie vergeet van die slagting van 44-0 teen die Skotte op die Bokke se 1951-’52-toer na Brittanje en Frankryk nie. Of wat van die skitterende derde toets toe die Bokke van Phillip Nel in 1937 die All Blacks oorsee verslaan het nie, met Tony Harris-hulle wat agterlangs die groot skade in die beroemde sege aangerig het.

Goed, hoe dit ookal sy, die feit dat die Bokke nie kan hardlooprugby speel nie en een-dimensioneel is, is snert.

Daarom: ʼn Spesiale dankie aan die vier spanne wat verlede jaar in die VKR hand opgesteek het, met drie wat die kwarteind gehaal het en die Lions, wat laat vlamgevat het en toe net een keer in hulle laaste ses wedstryd verloor het. En aan dieselfde vier plus die Cheetahs wat plekke in die Europese Rugbykampioenskap en Europese Rugbyuitdaagreeks plosgespeel het.

Dit is ‘n aanduiding dat Suid-Afrikaanse rugby steeds sterk is.

Dit is dáárom ook nuus wat ʼn mens met trots en vreugde vervul nadat die Bokke, in die middel van die 1990s en die vroeë 1980s, sodoende teruggeveg het en in aanvraag is dat hulle nou ʼn gesogte span is nadat toere sedert 1969 deur betogers ontwrig is en in  die 1980s weinig toetse  oor Suid-Afrika se Apartheidsbeleid gespeel het.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae