Tydmors vir All Blacks en nóg slae vir die Azzurri

Het jy geweet die Italiaanse rugbyspan se bynaam Azzurri beteken eintlik die ‘Bloues’?

Dié naweek speel die Italianers teen die All Blacks in Rome in nóg ʼn wedstryd waar die All Blacks nie regtig getoets sal word deur ʼn span wat sedert 2015 laas in die Sesnasiestoernooi, dis 29 wedstryde laas, ʼn wedstryd gewen het nie. Daar is heelwat politiek betrokke wat oor jare strek as jy die Italiaanse se aanvaarde rugby-bynaam in diepte wil navors. Kortliks: toe Italië in 1910 begin internasionale sokker speel het, het hulle die kleure van hul koningsfamilie, die Huis van Savoia, aangeneem. Dit is gedoen hoewel die kleure van hul nasionale vlag groen, rooi en wit is.

Nouja, die Azzurri speel Saterdag in een van die vele wedstryde wat die naweek gespeel word. Net die mans se toetse die naweek  is die volgende: Engeland vs Tonga, Wallis vs Springbokke, Frankryk teen Argentinië, Skotland vs Australië Portugal vs Kanada, Spanje vs Fidji, Tjeggoslovakye vs Hongarye,  Kroasië vs Slovenië, Italië teen Nieu-Seeland, Ierland vs Japan, Nederland vs Rusland.

Plus omtrent ewe veel vrouetoetse, insluitende die Springbokke wat teen Frankryk ʼn dapper stappie na die boonste groep toetsspanne begin neem.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae