Rassie se Wêreldrugby-lot eers oor ʼn paar dae bekend

Dit lyk of Rassie Erasmus nog ʼn paar dae vir die uitslag van sy dissiplinêre verhoor sal moet wag nadat hy en SA Rugby die naweek as aangeklaagdes voor ʼn Wêreldrugby dissiplinêre verhoor verskyn het.

Die ‘hoofklag’ was dat Rassie (en as SA se Direkteur van Rugby, ook SA Rugby) die spel in oneer gebring het deur ʼn video van meer s ʼn uur te ‘lek’. Daarin word die skeidsregter Nic Berry en sy wedstrydbeamptes se 26 foutiewe beslissings in die eerste toets van die Britse en Ierse Leeus teen die Springbokke uitgewys.

Die Leeus het 22-17 gewen.

▪▪ Onbevestigde berigte voer aan dat Wêreldrugby vir Erasmus op 23 van die 26 ‘foutiewe’ beslissings gelyk gee, maar die beginsel om dit in die openbaar te versprei word  as ʼn ernstjge klag beskou.

Erasmus ontken die verspreiding en daar is ʼn siening, wat deur baie gehuldig word, dat die video vanuit Australië ‘versprei’ is. Rassie hou vol hy het nie die video ‘gelêk’ nie.

ʼn Forensiese outdit is glo voor die afgelope verhoor gedoen om die bron vas te stel wie die verslag na die openbare domein gelêk en sodoende laat versprei het.

Die volledige geskrewe verslag van Wêreldrugby se dissiplinêre paneel word eers oor ʼn paar dae verwag. Die verhoor se leier was Christopher Quinlan QC (senior advokaat) van Engeland, en twee Nieu-Seelandse senior advokate, Nigel Hampton en Mike Mika, was die ander lede.

 

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae