Suid-Afrika se toets teen Wallis op 6 November sal moontlik die skielike toename aan Covidgevalle in dié land oorleef. Daar is egter ʼn wesenlike gevaar dat die vier SA franchise’e se bepalings teen die vier Walliese klubs beïnvloed kan word.
Die Walliese Eerste Minister Mark Drakeford het Donderdag in ʼn sterkbewoorde verklaring aangekondig dat beperkings binne drie weke heringestel sal word as die toename in Covidgevalle nie drasties afneem nie. Die Walliese Covidgevalle is op die hoogste vlak nóg sedert die pandemie se aanvang vroeg in 2020
Die Springbokke speel oor ʼn week op die Principality-stadion teen Wallis. Dit lyk of die Bokke se toets darem nie geraak sal word niue.
Intussen sal die Walliesers se pronkstadion hierdie Saterdag volgepak wees vir die wedstryd teen die All Blacks, wat groot kritiek ontlok het. Dit word as ʼn blote geldmaak-foefie bestempel omdat 20 van Wallis se voorste spelers nie in die toets mag speel nie aangesien dit buite die toetsvenster val.
▲ Hoe ʼn moontlike ernstige inperkingsvlak in Wallis Suid-Afrika se VRK-wedstryde, tuis én oorsee, sal raak, sal gesien moet word.
Dit mag natuurlik ook die kompetisie in die geheel beïnvloed met die ander deelnemende lande wat (as hulle nie self ingeperk word nie) moontlik verbied sal word om sonder bioborrels of ander beletsels verder aan wedstryde teen Walliese spanne deel te neem.
Suid-Afrikaanse klubs teen Walliese spanne
Suid-Afrikaanse klubs speel vanaf 27 November soos volg teen Walliese spanne:
27 Nov: Sharks vs Scarlets
28 Nov: Lions teen Cardiff Blues
3 Des: Bulls vs Scarlets
4 Des: Stormers teen Cardiff Blues
26 Mrt: Bulls vs Dragons
2 Apr: Sharks vs Dragons
2 Apr: Stormers vs Ospreys
21 Mei: Dragons vs Lions
21 Mei: Ospreys vs Bulls
21 Mei Scarlets vs Stormers