Nouja, die sogeneemade ‘rusbankkeurders’ het nou grootliks bewys dat die manne wat tel wanneer dit by die kies van spanne kom, beter vir die taak toegerus is!
Daar is ʼn hele klomp ietwat onbekende name in die groep van 30 spelers vir die Curriebekerborg Carling Black Label se span wat aanstaande Saterdag op Loftus Versfeld teen Kenia speel. Die span word deur Jake White afgerig.
Die spelers is uit al sewe die Curriebekerspanne gekies. En terwyl die Bulls met tien die meeste spelers in die groep het en Suid-Afrika se naasbeste span die Sharks net vier het, verbaas jy jou aan ʼn paar van die keuses.
Dit is nietemin ‘n span wat hopelik as vreemdelinge vir mekaar vir ‘n lekker wedstryd kan soerg
Die manne wat die meeste stemme van die rusbankkeurders gekry het, is die Bulls se haker Schalk Erasmus (26 088) en sy loskopstut Simpiwe Matamzima (25 171).
Maar wie, byvoorbeeld, is Sibongile Novuka, heelagter wat hierdie Saterdag vir die Carltonbker-eindstryd op die bank sit? En daar is darem ook name van ‘n hele paar spelers wat nou deel van die franchise’e op hul oorsese toer na Eusopa was.
Miskien was daar nóg van hulle vir wie die franchise’e nie toestemming vir die wedstryd wou gee nie, gesien die voorbereiding van die spanne vir die hervatting van die VRK se wedstryde teen einde November; of is van die oorspeelde rusbankverkose spelers nie oorweeg nie.
In elk geval, dis ʼn prettige gebeurtenis. Dit gee aan ʼn kompie minder bekende spelers kans om hul slag te wys en is goed vir die uitdra van rugby na een van Afrika se drie voorste rugbylande.
En dis goed vir Carling Black Label, borg van die Curriebekerreeks toe ander nie wou nie.
Maar: Moenie luister as jou buurman begin spankies nie!
Die Carlingspan –
Sibongile Novuka (Bulls), Stravino Jacobs (Bulls), Howard Mnisi (Cheetahs), Chris Smit (Cheetahs), Werner Kok (Sharks), Brandon Thomson (Cheetahs), Keagan Johannes (Bulls), Nama Xaba (WP), Phumzile Maqondwana (Pumas), Arno Botha (Bulls), Reniel Hugo (Sharks), PJ Steenkamp (Lions), Ntuthuko Mchunu (Sharks), Schalk Erasmus (Bulls), Simphiwe Matanzima (Bulls).
Plaasvervangers (uit): Haker: Chad Solomon (WP); Stutte: Gerhard Steenekamp (Bulls), Aranos Coetzee (Cheetahs) Slotte: Reinhardt Ludwig (Bulls); Losvoorspelers: WJ Steenkamp (Bulls), Marcel Theunissen (WP); Skrumskakels: Ginter Smuts (Pumas), Paul de Wet (WP); Losskakel: George Whitehead (Griekwas); Senters: Stedman Gans (Bulls), Marius Louw (Sharks); Vleuels: Tian Meyer (Cheetahs), Leolin Zas (Western Province); Heelagter: Ashlon Davids (Griekwas).