Statistiek vertel die storie van vrotsige VRK-vertonings

Die werklikheid van die Suid-Afrikaanse spanne se vertonings in die eerste vier rondes van die nuwe Verenigde VRK kan seker amper as ‘pateties’ beskryf word.

Ja, daar is seker die versagtende omstandighede van vreemde reëlvertolkings deur die skeidsregters, die onderskeie onbekende speelstyle van die tuisspanne en die vreemde speeloppervlaktes en die weer. Daar is ook die aanvaarbare realiteit dat ons vier franchise’e seker rugbyvoos is.

Ons kyk later daarna, ná ons die statistiek van die 16 wedstryde se gesukkel tot Saterdag ontleed het.

Só is daar gesukkel

Ná vier wedstryde in die VRK, is die Bulls, wat alle kompetisies in 2020 en in Suid-Afrika oorheers het, tweede laaste op die punteleer, net bo Zebre wat nie sommer ʼn wedstryd in die kompetisie gaan wen nie.

Die vier Suid-Afrikaanse spanne het gesamentlik 49 drieë in hul 16 wedstryde afgestaan en net 28 drieë gedruk; 284 punte aangeteken en 401 punte afgestaan. Dus: Hulle het gemiddeld minder as twee drieë (2,25) gedruk en drie drieë per wedstryd afgestaan,  en 18 punte teen 27 punte per wedstryd.

Só lyk die individuele spanne se sukkel-statistiek:

Bulls –
Die Bulls se vier drieë in vier wedstryde is die minste in die VRK-reeks tot dusver; hul negatiewe punteverskil (-52) is naas dié van Zebre (-92) die grootste; die 49 punte wat hulle aangeteken het, is die tweede minste na Zebre se 42; hul drieë afgestaan is darem, saam met dié van die Stormers, die sewende beste.

Sharks –
Die Sharks het, soos die Bulls vyf ligapunte, en is derde laaste op die vroeë punteleer. Hulle het nege drieë gedruk, die meeste van die Suid-Afrikaanse spanne, maar ook met 14 die meeste drieë afgestaan en is algeheel die span wat die derde meeste ounte 911230 afgestaan het.

Lions –
Die Lions, wat hul eerste wedstryd gewen het, is vyfde laaste. Hulle het soos die Bulls 101 punte in vier wedstryde afgestaan, maar het met 13 naas die Zebre (20), die Scarlets (18),  en die Sharks en Benetton (elk 14) die meeste drieë deurgelaat.

Stormers –
Die Stormers is negende op die punteleer, oftewel agste laaste.

Dis die beste van die Suid-Afrikaanse spanne.

Hulle het agt 8 drieë, die vyfde meeste, afgestaan en  teenoor 11, maar met ʼn oorwinning en laaste-asem gelykopuitslag teen Edinburgh die beste van die SA spanne gevaar..

Die Kaapse span, met die spelers en afrigter John Dobson wat onder die toutjiestrekkery en onverstaanbare besluite van die WPRVU-president Zelt Marais moes voorberei sonder sekerheid van hul salarisse, het die minste punte (86), teenoor die 113 van die Sharks, en die 101 van die Bulls en ook die Lions, afgestaan.

‘Versagtende’ redes

Te veel rugby

Die Bulls, byvoorbeeld, het voor die VRK-reeks 42 wedstryde in 54 weke gespeel en ook vir ʼn verdere drie voorberei wat toe weens Covid-regulasies afgestel is.

Hulle het in dié tyd in albei die Curriebeker-eindstryde (2020/21 en 2021), die Lockdown Superreeks se eindstryd, die Reënboogbeker se eindstryd in Benetton, en teen die SA ‘A’-span voor die Leeus se toer gespeel.

En toe het hulle boonop die sogenaamde Voorbereidende -reeks gehad waartydens die voorste sewwe spanne teenb mekaar gespeel het..

Die druk was deurgaans op die Bulls omdat, soos dit maar met topspanne gaan, hulle die teiken van elke teenstander was.

Die Bulls het 75% van hul wedstryde, en daarmee ook die twee Curriebekers, die Superreeks, die SA Reënboogbeker-afdeling gewen en boonop vyf Springbokke aan die nasionale span gelewer, t.w Duane Vermeulen, Johan Grobbelaar, Marco van Staden,  Morné Steyn en Trevor Nyakane, moes afstaan.

Steyn het darem in die laaste wedstryd in die plek van die beseerde Johan Goosen op die bank gesit en speelkans gekry.

▲Die ander drie plaaslike franchise het marginaal minder rugby gespeel, terwyl die Stormers en die Sharks ook meer Bokke as die Bulls aan die nasionale groep moes afstaan. Die Lions is hard deur beserings en kontrakte oorsee geslaan.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae