WPRVU se ‘nuwe’ man Craul wil SA Rugby se beslissing omkeer

Die WPRFU se base, wat prakties-gesproke nie eers meer ʼn uiters wankelende voet het om op te staan nie,  dreig om nie die besluit van die SA Rugbyunie om die WP onder administrasie te plaas, te aanvaar nie.

Wat die doel van die verset is, kan ʼn mens maar net lees as die verbete poging van vasklou deur die president Zelt Marais aan sy pos waarin hy nie meer is nie.

As daar enige kritiek wees oor die stap van SA Rugby om die WPRVU onder administrasie te plaas, is dat dit lankal moes gebeur het. Maar nou krap Marais-hulle terug.

▲ Die unie se sogenaamde War Room van hul strategiese komitee is (of was) onder die leierskap van Gary Craul, glo  ʼn vooraanstaande sake-strateeg. Hy is relatief onbekend in SA sakekringe, en lyk nie die na man wat durf dreig om die besluit van SA Rugby te laat omkeer nie.

Craul se onderneming om die besluit van SA Rugby te laat omkeer, is daarop gebaseer  dat die nasionale liggaam geen aandag of erkenning gegee het aan wat aan’t gebeur was nie. Ook, sê Craul, het SA Rugby nie in ag geneem wat hulle die afgelope drie weke vermag het nie.

Die ou refrein van alles wat reg verloop by Suid-Afrika se oudste rugbyunie word herhaal deur Craul se stelling dat ‘ons op die punt was om die tiene-miljoene rand in die unie se rekening te plaas en dat hulle (SA Rugby) nie eers daarop ag slaan nie.’

Ek verbeel my mos ek het voorheen, en boonop herhaaldelik, soortgelyke stellings van Marais en kie gehoor …

▪ Craul het duidelik ingekoop by Marais se strategie om via die klompie stiksiende klubs wat die nou afgesette president Marais ondersteun, teenstand en onmin in die unie te saai om sy posisie te probeer behou.

Die siening van Craul is dat SA Rugby, ondanks ervare sakemanne wat ook hul rugbyspore verdien het, nie met die StratCom/War Room gepraat het nie. Hulle is nie bewus is van dit waaraan daar gewerk word of wat die vordering en ontwikkelings daaruit is nie, sê Craul.

Die persone, strategieë, beleggings, borgskap-opsies (rêrig, opsies!!) en dies meer is aansienlik en reeds in die pyplyn – en SA Rugby moet daarvan weet en daarvoor begrip hê.

Gelukkig, soos ek hierbo gemeld het, is daar ervare sakemanne onder ons rugbyadministrateurs …

 

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae