Daar is, na die eerste twee rondes wat net ʼn enkele oorwinning vir Suid-Afrika e vier franchise’e in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) opgelewer het, allermins ʼn gekerm oor die skeidsregters.
Dit is eerder die onsekerhede oor die toepassing van die reëls wat die SA spanne laat swaar trek.
Na verlede naweek se tweede ronde, het die Stormers het die Stormers e afrigter John Dobson dit onomwonde gestel dat die RRK-reeks weens die verskillende reëlvertolkings ʼn groot uitdaging vir die SA spanne inhou.
Soos die Bulls se Jake White, wat dieselfde siening huldig, blameer Dobson geensins die skeidsregters nie. Trouens, Dobson het sy span gekasty oor hulle dissipline “Ek is teleurgesteld oor die dissipline, dis iets waaroor ons heelweek gepraat het.” Hy het bygevoeg dat sy span in die tweede helfte met die reëltoepassing in die twee helfte gesukkel het.
Jake White se houding, ná twee kwaai loesings in Ierland, was naastenby dieselfde. “Moenie kla nie, pas net aan,” het hy oor die situasie gesê.
Met ʼn sterk wind van sowat 40 km/uur en reën in hul gesigte ná rustyd, het die Bulls boonop op die ‘afdraande-veld teen die helling moes terugbeur. Soos White dit gestel het: “Skielik is die belangriker om die loog te wen!”
Maar die weer en die helling was nie die rede vir die loesing nie, en dit sal niks aan die telling of uitslag verander nie.
Die vraag wat tuis, in Suid-Afrika, kwel, is: Is ons spanne rêrig so sleg, of is die aanpassings dalk die vernaamste probleem?
Die tyd sal leer.