Franchise’e: Dit sal net beter gaan

Ons vier sukkelende franchise’e se Springbokke leer nog oor die vreemde omstandighede oorsee en ook oor die skeidsregters se vertolkings van die reëls.

Die swak verdediging en gevolglike drieë wat in ons reekse amper ongehoord gereën het, word nou deur hul Europese teenstanders teen die SA spanne ingespan; hul aanvallende vermoëns, soos dié van die Bulls wat in ons reekse gedy het, blyk nou maar bra middelmatig te wees teen die oorsese spanne se veel beter verdediging.

Vir die meerderheid van die franchise-spelers is só ʼn lang tyd weg van hul gesinne en meisies iets vreemd, en soos SA Rugby se president Mark Alexander van die Springbokke vertel het, is dit seker vir die franchise-spelers ʼn yslike frustrasie en uitdaging.

Van die Springbokke was in Mei laas by hul huis en die meeste het die afgelope maande van die een  bioborrel tot bioborrel beweeg. Dit het, aldus Alexander,

Hulle het Maandag in Suid-Afrika aangekom na Saterdag se triomf en die vorige week se amperse wen teen die All Blacks.

Die Bokke, ondanks die twee weke se skandelike insinkings teen die uiters middelmatige Wallabies, is ná Saterdag se skok weer die nommer een-gegradeerde span in wêreldrugby.

▪ Maar wat nou van ons franchise’e? Bitter min van hulle se Bokke sal binne die volgende paar weke reeds na die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) se reeks terugkeer. Onthou, die volgende reeks van drie oorsese toetse begin op 6 November teen Wallis, die Sesnasieskampioen, gevolg deur ʼn toets op Murrayfield teen Skotland

En dan volg die seisoen se afsluiting teen die groot vyand, Engeland met hul klomp suurgat- en eenogige koerantmanne wat tog so graag die politiek van die verlede ophaal en veral verbitterd is oor die onlangs Britse en Ierse Leeus se reeksneerlaag in Suid-Afrika.

(Lees gerus as julle kan en veral wil, Sir Clive Woodward se gereelde onsamehangende rubriek (tirade?) as julle die kans kry.

▪ Die franchise’e se terugbaklei sal later in die seisoen kom, wanneer hulle tuis speel en waar die hitte en harde veld hul rol teen die ander vier lande (Wallis, Skotland, Ierland en Italië) se toerspelers sal speel.

In wat maar ʼn onregverdige kompetisie is teen ander lande omdat drie spanne drie keer tuis en twee keer weg speel en die ander die keer weg en twee keer tuis,  is daar ook die Sesnasiesreeks.

En dit is natuurlik makliker om een van jou wegwestryde teen Italie te speel en tuis teen een van die grotes uit te draf (wat natuulik op hulk beurt nadelig getref word!)

Dit is nietemin ʼn uitstekende toernooi. Dis vir die deelnemende lande van die uiterse belang, eintlik dié belangrikste reeks omdat nog net Engeland (een keer, in 2003, uit nege probeerslae en twee drie eindstryde, die Wêreldbeker gewen het).

Ongelukkig word dit  dramaties skeefgetrek deurdat die bepalings ʼn rol speel met welke spanne tuis of  weg teen die swakkeres of die sterkes moet speel, en almal nie ewe veel tuis- of wegwedstryde speel nie.

Met die VRK wat eers einde Junie ten einde loop, is daar tussen die onderbrekings vir die Sesnasiesreeks, en natuurlik ook die Europese Rugbykampioenskap, heelwat tyd om te beplan en voor te berei. (Die VKR, insluitende die reeks se uitspeelwedstryde, loop eers teen einde Junie ten einde, insluitende die uitspeelwedstryde.)

Ons vier sukkelende franchise’e se Springbokke leer nog oor die vreemde omstandighede oorsee en ook oor die skeidsregters se vertolkings van die reëls.

Die swak verdediging en gevolglike drieë wat in ons reekse amper ongehoord gereën het, word nou deur hul Europese teenstanders teen die SA spanne ingespan; hul aanvallende vermoëns, soos dié van die Bulls wat in ons reekse gedy het, blyk nou maar bra middelmatig te wees teen die oorsese spanne se veel beter verdediging.

Vir die meerderheid van die franchise-spelers is só ʼn lang tyd weg van hul gesinne en meisies iets vreemd, en soos SA Rugby se president Mark Alexander van die Springbokke vertel het, is dit seker vir die franchise-spelers ʼn yslike frustrasie en uitdaging.

Van die Springbokke was in Mei laas by hul huis en die meeste het die afgelope maande van die een  bioborrel tot bioborrel beweeg. Dit het, aldus Alexander,

Hulle het Maandag in Suid-Afrika aangekom na Saterdag se triomf en die vorige week se amperse wen teen die All Blacks.

Die Bokke, ondanks die twee weke se skandelike insinkings teen die uiters middelmatige Wallabies, is ná Saterdag se skok weer die nommer een-gegradeerde span in wêreldrugby.

▪ Maar wat nou van ons franchise’e? Bitter min van hulle se Bokke sal binne die volgende paar weke reeds na die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) se reeks terugkeer. Onthou, die volgende reeks van drie oorsese toetse begin op 6 November teen Wallis, die Sesnasieskampioen, gevolg deur ʼn toets op Murrayfield teen Skotland

En dan volg die seisoen se afsluiting teen die groot vyand, Engeland met hul klomp suurgat- en eenogige koerantmanne wat tog so graag die politiek van die verlede ophaal en veral verbitterd is oor die onlangs Britse en Ierse Leeus se reeksneerlaag in Suid-Afrika.

(Lees gerus as julle kan en veral wil, Sir Clive Woodward se gereelde en meestal onsamehangende rubriek (tirade?) as julle die kans kry.

▪ Die franchise’e se terugbaklei sal later in die seisoen kom, wanneer hulle tuis speel en waar die hitte en harde veld hul rol teen die ander vier lande (Wallis, Skotland, Ierland en Italië) se toerspelers sal speel.

In wat maar ʼn onregverdige kompetisie teen ander lande,  is daar ook die Sesnasiesreeks.

Dit is ʼn uitstekende toernooi. Dis vir die deelnemende lande van die uiterse belang, eintlik dié belangrikste reeks omdat nog net Engeland (een keer, in 2003, uit nege probeerslae en twee drie eindstryde, die Wêreldbeker gewen het).

Ongelukkig word dit  dramaties skeefgetrek deurdat die bepalings ʼn rol speel met welke spanne tuis of  weg teen die swakkeres of die sterkes moet speel, en almal wat nie ewe veel tuis- of wegwedstryde speel nie.

Met die VRK wat eers einde Junie ten einde loop, is daar tussen die onderbrekings vir die Sesnasiesreeks, en natuurlik ook die Europese Rugbykampioenskap, heelwat tyd om te beplan en voor te berei. (Die VKR, insluitende die reeks se uitspeelwedstryde, loop eers teen einde Junie ten einde, insluitende die uitspeelwedstryde.)

P W L D P +/- Dif Try +/- TB LB Pts
Munster Rugby 2 2 0 0 76 / 35 41 3 — 4 2 0            10 10
Ulster Rugby 2 2 0 0 71 / 32 39 11 — 4 2 0            10 10
Ospreys 2 2 0 0 45 / 37 8 3 — 4 0 0 8
Benetton Rugby 2 2 0 0 50 / 45 5 6 — 6 0 0 8
Glasgow Warriors 2 1 1 0 64 / 59 5 9 — 8 2 1 7
Edinburgh Rugby 2 1 1 0 53 / 50 3 9 — 8 2 1 7
Scarlets 2 1 1 0 58 / 39 19 7 — 5 1 1 6
Cardiff Rugby 2 1 1 0 47 / 39 8 7 — 2 1 1 6
Leinster Rugby 1 1 0 0 4  /  0 28 31 —  3 1 0 5
Connacht Rugby 2 1 1 0 55 / 40 15 7 — 6 1 0 5
Lions 2 1 1 0 51 / 62 -11 6  — 8 1 0 5
Dragons 1 0 1 0 23 / 27 -4 2 — 3 0 1 1
Stormers 2 0 2 0 36 / 56 -20 4 — 8 0 1 1
Zebre Rugby 2 0 2 0 29 / 74 -45 4 — 11 1 0 1
Sharks 2 0 2 0 41 / 77 -36 5 — 11 0 0 0
Bulls 2 0 2 0 10 — 65 -55 1 — 9 0 0 0
Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae