Nóg ʼn bioborrel? SA Rugby weier

Dit lyk of komende gesprekke tussen die Suid-Afrikaanse en Britse regerings die weg sal baan vir die Springbokspan om onder normale toestande voor te berei vir die jaareind-toetse teen November-toetse teen Wallis, Skotland en Engeland.

En terselfdertyd bravo vir SA Rugby oor sy siening dat hulle nie sal toelaat dat die Springbokke in nóg ʼn bioborrel moet bly en voorberei nie.

Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het aldus Netwerk24 die afgelope week gesê SA Rugby “sal al die moontlike doen om seker te maak dat die spelers aan die beste toestande blootgestel word, selfs al beteken dit dat ons nie in Brittanje speel nie.”

Daar word selfs gekyk na ʼn moontlike opsie om in Frankryk te bly en op die dae van wedstryde

Brittanje toe te reis. Die Bokke gaan tussen 20 en 31 Oktober in Frankryk wees om voorbrand te maak vir 2023 se Wêreldbeker-toernooi wat daar plaasvind.

▪ Alexander sê die spelers se geestestoestand ly ernstig onder die huidige streng bioborrel, aldus Netwerk24.

“Die streng bioborrel skep Covid-19-uitputting en sielkundige probleme. Die spelers is van Junie af al in ’n borrel, van hulle selfs sedert Mei,” sê Alexander.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae