Rassie Erasmus is baie, sommer vrééslik baie, gefokus op sy taak om die boustene vir die volgende Wêreldbeker deeglik te lê.
Asof 31 van die 33 spelers wat hy saam Australië toe geneem het nie genoeg is nie, het die Springbokafrigter Dinsdag nog ses spelers by die groep in Australië gevoeg vir die twee toetse teen Nieu-Seeland op 31 Augustus en 7 September. Skrumskakel Morne van den Berg is weens die terugkeer van die beseerde Wêreldbekerwenner Jaden Hendrikse nie in die groep nie en y en die haker Johan Grobbelaar val in by die res van die groep van 45 wat vir die kampioenskap iaangewys is. Grobbelaar se posisie as haker word onderskraag deur die feit dat die stut Jan-Hendrik Wessels ook kan haker speel.
En wat meer is, Rassie het die slot Nico Janse van Rensburg van Montpellier in Frankryk ook nog as een van die ‘terugkerendes’ nadergetrek. Hy het reeds in ʼn toets gespeel.
Die ander wat weer by die Springbokke aansluit, is die onlangs-beseerdes Steven Kitshoff, (loskopstut), Jaden Hendrikse (skrumskakel) en Canan Moodie (vleuel wat nou ook as ʼn buiteagterspeler beskou word) en wat al drie in die 2023 Wêreldbeker gespeel het.
Dié drie plus die gekorste senter André Esterhuizen en agsteman Jasper Wiese – albei ook Wêreldbekerwenners met laasgenoemde wat vir ses wedstryde moes uitsit – is ook weer nadergetrek.
- Salmaan Moerat, kaptein in die tweede toets teen die Wallabies, is oënskynlik reg nadat hy vroeg in die wedstryd teen die Wallabies vir toetsing van sy kopbesering af van die veld gehaal is. En RG Snyman, wat ʼn skeet gehad het en daarom moes uitsit, is weer reg.
- Benewens Franco Mostert, Lood de Jager en Jean Kleyn, is Evan Roos (agsteman), die skrumskakels Herschel Jantjies and Faf de Klerk nie oorweeg nie.
Springbokgroep vir die twee toetse teen Nieu-Seeland in die Rugbykampioenskap –
Stutte: Thomas du Toit (Bath), Steven Kitshoff (DHL Stormers), Vincent Koch (Hollywoodbets Sharks), Frans Malherbe (DHL Stormers), Ox Nche (Hollywoodbets Sharks), Gerhard Steenekamp (Vodacom Bulls), Jan-Hendrik Wessels (Vodacom Bulls).
Hakers: Malcolm Marx (Kubota Spears), Bongi Mbonambi (Hollywoodbets Sharks).
Slotte: Eben Etzebeth (Hollywoodbets Sharks), Salmaan Moerat (DHL Stormers), Ruan Nortje (Vodacom Bulls), RG Snyman (Leinster), Nicolaas Janse van Rensburg (Montpellier).
Losvoorspelers: Ben-Jason Dixon (DHL Stormers), Pieter-Steph du Toit (Toyota Verblitz), Siya Kolisi (captain, Racing 92), Elrigh Louw (Vodacom Bulls), Kwagga Smith (Shizuoka Blue Revs), Marco van Staden (Vodacom Bulls), Jasper Wiese (Leicester Tigers).
Skrumskakels: Jaden Hendrikse (Hollywoodbets Sharks), Cobus Reinach (Montpellier), Grant Williams (Hollywoodbets Sharks).
Losskakels: Sacha Feinberg-Mngomezulu (DHL Stormers), Manie Libbok (DHL Stormers), Handre Pollard (Leicester Tigers)
Senters: Lukhanyo Am (Hollywoodbets Sharks), Damian de Allende (Wild Knights), Andre Esterhuizen (Hollywoodbets Sharks), Jesse Kriel (Canon Eagles).
Buiteagterspelers: Kurt-Lee Arendse (Vodacom Bulls), Aphelele Fassi (Hollywoodbets Sharks), Cheslin Kolbe (Suntory Sungoliath), Willie le Roux (Vodacom Bulls), Makazole Mapimpi (Hollywoodbets Sharks), Canan Moodie (Vodacom Bulls).