Wallabies het beseringsprobleme met hul losvoorspelers en moes ʼn nuwe flank vir Saterdag se se eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap teen die Springbokke in Brisbane kies.
Maar die grootste verrassing, eintlik ʼn yslike skok, is die weglating van die spogvleuel Marika Koroibete. Afrigter Joe Schmidt het hom volgens die Aussie se spesiale reëling om oorsese spelers te kies, na Australië gelok maar nietemin vir Andrew Kellaway en Filipo Daugunu as vleuels gekies.
Die skakelpaar Noah Lolesio en Jake Gordon is terug in die span nadat hulle uitgesit het vir die Aussies se afgelope toets teen Georgië.
Die oopkantflank is ʼn nuweling Carlo Tizzano, wat soos die gebruik in die twee Australasiese lande in nommer 7 en nie nommer 6 soos by ons nie, sal speel.
Australië is nie net deur die twee beserings aan twee van sy losvoorspelers Liam Wright en Frazer McReight getref nie. Die sterk stut Taniela Tupou is ook weens die dood van sy pa die week nie vir die toets beskikbaar nie.
Die span sal deur die ervare vaskop Alan Ala’atoa aangevoer word. Hy was reeds in etlike toetse kaptein van die Wallabies.
■ Die skeidsregter is Luke Pearce, wat in die die onlangse eerste toets tussen Suid-Afrika en Ierland op Loftus die fluitjie geblaas het.
Australië: 15 Tom Wright, 14 Andrew Kellaway, 13 Len Ikitau, 12 Hunter Paisami, 11 Filipo Daugunu, 10 Noah Lolesio, 9 Jake Gordon, 8 Harry Wilson, 7 Carlo Tizzano, 6 Rob Valetini, 5 Lukhan Salakaia-Loto, 4 Nick Frost, 3 Allan Alaalatoa (capt.), 2 Matt Faessler, 1 Isaac Kailea.
Plaasvervangers: 16 Josh Nasser, 17 James Slipper, 18 Zane Nonggorr, 19 Jeremy Williams, 20 Luke Reimer, 21 Tate McDermott, 22 Tom Lynagh, 23 Dylan Pietsch.
Afskoptyd: 06:30 SA tyd: Skeidsregter: Luke Pearce (Engeland)