Bulls Daisies: Geldspelers skok kampioen Grens

Die Bulls Daisies het die afgelope naweek met die intrapslag gewys dat hulle vanjaar hulle status as die eerste (en enigste) beroepsvrouespan in Suid-Afrika gestand sal doen toe hulle die verdedigende kampioen Border Ladies met 31-0 afgeransel het.

Die Daisies het onlangs die eerste vrouespan in Suid-Afrika geword wat as professioneel geklassifiseer kan word.

Die grootte van die loesing teen Grens se vroue in die eerste ronde van vanjaar se reeks was ietwat onverwags – des te meer so omdat Grens in 2021 én 2022 die titel gewen het.

Die Westelike Provinsie, wat verlede jaar die vyfde agtereenvolgende jaar teen Grens in die eindstryd gespeel het, het die afgelope naweek gemaklik met die Sharks afgereken (31-14).

Die reeks word oor twee rondes beslis, met die eindstryd wat op 26 Augustus beslis word.

Die naweek se uitslae –
Bulls Daisies 31 Border Ladies 0; EP Queens 48 Golden Lions 10; WP 41 Sharks 14.
Oor die Bulls Dasies se borgskap het die Bulls se uitvoerende hoof Edgar Rathbone verlede week tydens die aankondiging van die nuwe borge Puma, SSF, PVM en Intercape vir Suid-Afrika se eerste beroepsvrouespan gesê dié stap tot beroepsrugby sal tot die versterking van die nasionale vrouespan op internasionale vlak bydra.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae