Leeus oud-afrigter Mitchell rig Engeland-vroue af

deur Wim van der Berg

John Mitchell, voormalige afrigter van die Goue Leeus toe hulle in 2011 op Ellispark voor 58 000 toeskouers die Curriebeker in die eindstryd 42-16 teen ʼn Bokbelaaide Sharksspan gewen het, is pas aangestel as afrigter van Engeland se nasionale vrouespan, bekend as die Red Roses.

Mitchell, ʼn hardekwas afrigter wat meestal nie by sy spelers en afrigtingspan gewild was nie maar die nodige resultate behaal het, verlaat die Japanse mansspan na die Wêreldbeker. Hy was sedert Februarie 2022 Japan se verdedigingsafrigter.

Die voormalige All Black was onder afrigter Eddie Jones tussen 2018 en 2021 ook Engeland se verdedigingsafrigter. Hy het toe bedank omdat hy en Jones volgens gerugte vasgesit het. Mitchell was van 1997 tot 2000 onder Clive Woodward ook Engeland (mansspan) die voorspelerafrigter.

Mitchell was ook die argitek as afrigter van die All Blacks se 2001-Wêreldbekerspan wat Suid-Afrika met 22-9 in die kwarteind uitgeskakel het. Sy span het egter in die halfeind Dublin teen die uiteindelike wenners die Wallabies vasgeval, maar nietemin derde geëindig toe hulle Skotland in die bronsmedalje-uitspeelstryd in Cardiff geklop het.

Sy bruuske manier om met die pers en borge te werk het Mitchell in 2003 glo die All Blacks-pos gekos. Sy seun is tans ʼn steunpilaar van die Kiwi’s se krieketspan.

  • Engeland se vroue het verlede jaar in Nieu-Seeland die Wêreldbekereindstryd teen die tuisspan, Nieu-Seeland, in Auckland verloor.

Engeland bly nietemin die voorste span op die ranglys en na die afhandeling van ondermeer se Sesnasiesreeks. Suid-Afrika is 13de.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae