Dit gaan die laaste paar wedstryde nie so goed soos die Bulls dit sou wou gehad het nie, maar dit is van die veld af dat die Bulls die een ná die ander uitklophou teen die ander provinsies plant.
Die jongste toevoeging tot die lang reeks nuutjies of besluite van die Bulls franchise, of hulle bond die Blou Bulle, is die aanstelling van die twee afrigters en ʼn bestuurspan vir die eerste Suid-Afrikaanse groep vroue-beroepspelers.
Die Blou Bulle maatskappy het pas beroepskontrakte aan 35 uitgesoekte vroue toegeken. Die gekontrakteerde spelers sal deel uitmaak van die Bulls Daisies, die amptelike vrouespan van die unie wat hiermee eintlik ʼn franchise word.
Haden Groepes, 35, wat as hoofafrigter aangestel is, het provinsiale rugby vir die WP en Boland gespeel en was by die Bulls as afrigter betrokke. Hy het die afgelope tyd die o.21-span van die Bulls onder hande gehad en hulle die ongetwyfelde leier in dié ouderdomsgroep gemaak.
Die assistent-afrigter van die Daisies is Mandisa Williams. Sy het Wêreldbeker-rugby gespeel en ondermeer die Daisies aangevoer.
Die uitvoerende hoof van die Bulls Maatskappy, Edgar Rathbone, het met dié aanstellings gesê die groei van vrouerugby beteken dat dit belangrik is om aan die voorpunt van die groei te wees “Op welke vlak vrouerugby groei, wil ons daar wees.
“Ons is gelukkig dat SA Rugby ons as bondgenote sien om die Springbok-vrouespan tot ʼn groter eenheid te help bou met die volgende Wêreldbeker alweer nie te ver in die toekoms nie.”
Rahtbone sê die Bulls het daad by woord gevoeg en het ook bykomende befondsing van aandeelhouers en kommersiële vennote bekom. “Hulle weet hulle is vennote in ʼn groter prentjie wat ons sal maak werk.”
Die vroue en mans se kontraktering sal op gelyke finansiële voet wees. De huige groep van 35 se kontrakte wissel van agt maande tot twee jaar.
Die Bulls Daisies se bestuur is: Hoofafrigter Hayden Groepes, assistent-afrigter Mandisa Williams, bestuurder Thando Manana, spandokter Dr Sbu Ntuli, fisioterapeute Claudette Ekard en Lenel Allison, krag-en-kondisionering Luyolo Tandani, logistieke bestuurder Swazi Bisset.