Goeie nuus vir SA viertal na sukkelende VRK-wegspring

Die vier Suid-Afrikaanse franchise’e het, om dit baie liggies te stel, vrotsig in die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) weggespring – en nou word die Bulls, Sharks, Stormers en Lions se hoop om op tuisvelde vir die vroeë terugslae te vergoed, darem in ʼn mate weer werklikheid .

Dit het gelyk of ons spanne en spelers, en daarmee ook hul gesinne, die spit sou moes afbyt ná Suid-Afrika se  laat opheffing van die Covid19-inperking.

Die SA spanne sou ná hul eerste vier wedstryde en boonop kwarantyn-afsondering, nog ʼn verdere drie weke oorsee moes aanbly en nog twee verdere wedstryde daar speel. Dit sou beteken het dat hulle byna drie maande in die buiteland sou wees voordat hulle terugkeer huis toe deur hul ‘tuiswedstryde’ in Italië te moet speel.

Maar nou sal hulle, ná ʼn loslootjie by die huis tydens die vyfde ronde, tog hul kans kry om in twee wedstryde elk tuis te vergoed vir die oorsese neerlae en amperse skandes.

Dan, ná vier weke se aflê insluitende darem Kersfees by die huis, draf hulle reeds weer op 7 Januarie oorsee uit voordat hulle terugkeer vir drie weke se ruskans voordat hulle in Suid-Afrika teen mekaar speel.

Die goeie nuus

▲ Ondanks Brittanje se besluit om Suid-Afrika van hul rooilys te haal, het die VRK se organiseerders aanvanklik gesê dis te laat om nou die skedule te verander. Hulle het egter, oënskynlik onder druk van SA Rugby, toe geskarrel om die oorsese spanne se toerwedstryde tóg te laat plaasvind.

Dit beteken dat die vier Suid-Afrikaanse spanne ná hulle vierde ronde op 15 en 16 Oktober en ʼn loslootjie  die week daarna, darem nou twee wedstryde in Suid-Afrika sal speel; Kersfees by die huis sal wees ná die sesde ronde op 4 D Desember; en eers op 7 Januarie weer oorsee sal speel.

▪ In die volgende twee rondes sal die onoorwonne Munster teen die Bulls en die Lions speel; Cardiff speel teen die Lions en dan teen die Stormers; Zebre speel teen die Stormers en ook die Sharks, wat ook teen die Scarlets sal uitdraf; en die Bulls se tweede tuiswedstryd is teen die Scarlets.

Die bepalings vir SA spanne in die volgende drie rondes is:

Ronde 5
22, 23 Oktober:
Al vier loslootjies

Ronde 6:
27 November:

Stormers vs Zebre
Sharks vs Scarlets
Bulls vs Munster
28 November:
Lions vs Cardiff

Ronde 7:
3 Desember:
Bulls vs Scarlets
4 Desember:
Sharks vs Zebre
Lions vs Munster
Stormers vs Cardiff

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae