SA Rugby lof vir vroue-Bok Zintle Mpupha

Met vrouerugby in Suid-Afrika wat met rasse skrede groei, het SA Rugby die kontraktering van Zintle Mpupha, ʼn voormalige vroue-seweskaptein en ook ʼn Springboksenter, by die Engelse klub Exeter verwelkom.

Zintle is slegs die tweede SA speler wat ‘n oorsese kontrak losslaan, en die eeerste wat in Engeland s3e uitsoek-liga sal speel.

Mpupha sal egter nie vir die Springbok-vrouespan verlore wees nie. Haar kontrak laat haar toe om haar nasionale verpligtinge na te kom, en sy is al ondermeer ook vir aanstaande Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland beskikbaar wees.

Suid-Afrika se hoëpretasiebestuurder vir vrouerugby, Lynne Cantwell, en die vroue  se Springbokafrigter, Stanley Raubenheimer, het dié stap verwelkom.

Cantwell meen die kontrak sal Suid-Afrikaanse rugby groter begrip en ondervinding gee van hoe die vroue se elite-rugby daar kán uitsien.
Raubenheimer meen ook die ervaring tussen topspelers sal nie net tot voordeel vir Mpupha wees nie, maar vir Suid-Afrikaanse vrouerugby in die algemeen.

En wat sê Zintle daarvan?

“Dis ʼn groot eer dat Exeter dink ek sal daar inpas. Die geleentheid om teen van die beste spelers ter wêreld mee te ding, te leer en ervaring op te doen van op dié vlak speel, sal baie vir my ontwikkeling as speler doen.”

Vroue rugby groei by die dag
Terloops, vrouerugby is besig met geweldige uitbreiding. Die sport groei die afgelope jare met tussen ses en tien persent per jaar.

Engeland en die VSA het die meeste vrouespelers, en Suid-Afrika is in die toptien. Akkurate syfers is egter nie beskikbaar nie en daar word ook onderskei tussen die geregistreerde en ongeregistreerde spelers per land.

▪ Daar is tans 58 lande op Wêreldrugby se ranglys waar Suid-Afrika 13de lê.

▪ Net meer as 10 miljoen mense, waarvan sowat 28% vroue is, speel wêreldwyd rugby.

Die sport groei jaarliks buitengewoon sterk, en strukture is oral in plek met kompetisies, binne land se rugbyunies maar ook oor die grense heen, wat die sport verder uitdra.

Engeland en die VSA het die meeste vrouespelers, en Suid-Afrika is in die toptien.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest

Maak 'n opvolg-bydrae